Vir Ma by Zeldie
Open full image in new tab Members remain the original copyright holder in all their materials here at Renderosity. Use of any of their material inconsistent with the terms and conditions set forth is prohibited and is considered an infringement of the copyrights of the respective holders unless specially stated otherwise.
No AI - This artwork was created entirely by hand or with traditional digital tools.
Description
Liefste Moeks,
Ek sit hier voor my skerm en tik en my hart is ongelooflik seer. Jy was maar 58 en ek en jy het nie genoeg tyd saam gehad nie. Tyd om God se skepping in stilte te waardeer. Tyd om saam te gaan voëltjies kyk. Tyd om in Dikhololo rond te ry en sommer net die stilte van die natuur in te neem en dankbaar te wees vir mekaar se nabyheid. Tyd om sommer net mekaar se hande vas te hou en te weet ons is lief vir mekaar.
Mamma, jy was ‘n voorbeeld vir my en ek weet vir baie ander ook. Jy was die beste Moeksie waarvoor enigiemand kon vra! Jy het my menswees gevorm vandat ek my verstand het. Jy het my geleer dat bo alles, ek God moet liefhê met my hele hart, my hele siel en my hele verstand en my naaste soos myself. Jy het my geleer van musiek en kuns en ballet. Jy het my geleer hoe om stil te word in God se natuur en te luister na sy stem tussen die boomtakke wanneer die windjie roer. Jy het my geleer hoe om kamp en die natuur en God deel te maak van my siel. Maar bo dit alles, het jy my geleer hoe om lief te hê.
Jy het baie gely Mamma en ek is so verlig dat jou lyding verby is. Ek het 12 jaar saam met jou gely en noudat dit verby is, weet ek nie hoe om terug te keer na ‘n normale lewe nie. Jou seer was my seer en jou lyding en jou siekte het ek saam met jou gedra.
Dankie Moeks, dat jy MY Moeksie was. Jy was my beste maat, my vertroueling, my voorbeeld. Jy het my siel met my gedeel en my liefde vir die natuur saam met my geniet. Ek gaan jou mis, Mamma en ek weet daar gaan nog baie dae wees wat ek nie gaan weet hoe om asem te haal sonder jou nie. Maar ek weet jy’s by Ons Vader, waar jy hoort en ek weet jy’t nie meer seer nie.
Gaan rus maar Mamma. Ek is lief vir jou…
Vlooi

Comments (12)
Lovely very lovely
Ek het trane in my oe Zeldie.Baie mooi foto en gedagtes wat jy opgedra het aan jou ma.Dit is nogal hartseer wanner mens groot is en jou ouers nie meer daar is om dinge ook saam met jou te geniet nie.Dit is net wonderlik wat GOD geskape het.Die mooi natuur en al die mooi wat hy vir ons gegee het.
Excellent work!!
Excellent. Aloha
Beautiful. Aloha
It is a Wonderful dedication Zel Ek het trane in My oe. Zeldie, never forget your mother was also extremely lucky to have you in Her life, Your bond was deep, and I am sure Mom will be missed for all time to come
Beautiful! From what I understand from EagleWinds comment.. I am sorry to hear of your loss.. I understand and my thoughts are with you. Remember wat you see through the lens is what she sees ~alice
Simple and so beautiful. 5+
So So beautiful and I'm am so sorry about your loss...I'm thinking of you...I wish I knew how to translate what you wrote...Hugs
exquisite creation !
Simple beauty!
Perfect work!!!